Willem se WebWêreld - Willem's WebWorld

|
Hallo! My naam is Willem van der Merwe. Ek is 29 jaar oud en woon in Pietersburg, in die Republiek van Suid-Afrika. Hier is 'n onlangse foto van my. In hierdie webblaaie gaan ek oor allerlei sake praat. Ek skryf hulle primêr om self te geniet - om my eie gedagtes agtermekaar te kry oor verskeie sake. Ek stel in geweldig baie onderwerpe belang, en die skryfwerk help my om dinge self beter te verstaan. Ek glo egter dat sommige ander mense ook in baie van hierdie onderwerpe belang sal stel, en ek hoop dat sulke mense my skryfwerk sal geniet en dalk daarby baat sal vind. |
Hello! My name is Willem van der Merwe. I am 29 years old and live in Pietersburg, in the Republic of South Africa. Here is a recent photograph of me. In these pages I will talk about all sorts of subjects. I write them primarily to enjoy myself - to get my own thoughts straightened out about many matters. I am interested in a great variety of subjects, and the writing work helps me to understand things better myself. I believe, though, that some other people will also be interested in these subjects, and I hope that such people will enjoy my writing and perhaps benefit from it. |

|
Ek is nog nie getroud nie, en het ook nie kinders nie. Ek het familie en vriende, en sal so nou en dan oor hulle gesels, as hulle nie omgee nie. Wat ek wel graag wil doen is om mense van katjies te vertel! Op die oomblik is hier drie hier rond. 'n Mens besit natuurlik nie 'n kat nie - al wat gebeur is dat hulle 'n mens aanvaar en in die omgewing bly, in die huis slaap, die kos wat 'n mens vir hulle gee, eet, en so meer. Hierdie een is Poplap. Sy is nou omtrent vyf jaar oud. Sy is vreeslik laf, uiters bederf, en soek die heeltyd aandag. As sy dit nie onmiddelik kry nie, gebruik sy die kloutjies-in-die-dybeentegniek. Benewens Poplap dwaal haar boetie, Spook, ook hier rond. Hulle ma is Kadoef, en sy is aansienlik kleiner as haar kinders. Hulle lyk soos die sewe vet jare, en sy soos die sewe maar jare. Ek hoop om nog baie fotos van hulle almal hier te hê! Ek is eintlik lief vir alle diere, en vir plante ook. Ek beskou die hele lewende wêreld as een groot gesin! Op vele vakansies en verkenningstogte het ek al baie fotos geneem van 'n verskeidenheid lewende wesens. Ek gaan hierdie fotos ook in my webblaaie gebruik om verskeie artikels te illustreer. Ek wil mense graag aanmoedig om ander kreature meer te waardeer en beter te behandel. |
At the moment I am not yet married, nor do I have any children. I have relatives and friends, and will talk about them from time to time if they don't mind. What I do wish to do is to tell people about cats! At the moment there are three around here. One doesn't own a cat of course - all that happens is that they accept one and stay in the environment, sleep in the house, eat the food one gives to them, and so on. This one is Poplap. She is now about five years old. She is very silly, very spoiled, and always seeks attention. When she does not get it immediately, she uses the claws-in-the-thigh technique. Apart from Poplap her brother, Spook, also dwells around here. Their mother is Kadoef, and she is considerably smaller than her kids. They look like the seven fat years, while she looks like the seven lean years. I hope to have lots of photos of them all here soon! In truth I love all animals, and plants as well. I see the whole living world as one big family! On vacations and explorations I take many photographs of a variety of living creatures. I will use these photos in my web-pages too, to illustrate several articles. I want to encourage people to appreciate other creatures more, and to treat them better. |
MY KARAKTERS/MY CHARACTERS

|
Ek het ook 'n klomp 'karakters', in my gedagtes, en hulle lewe in hulle eie wêrelde. Hulle wil graag vir ander mense van hulleself en hulle wedervaringe vertel. Váleorí, wat julle hier sien, is my dominante karakter. Sy lewe op 'n ander weergawe van die aarde, een waarin die geskiedenis baie anders - en beter - verloop het as hierso. Ek het 'n paar prentjies geskilder van haar. Hier is 'n portret van haar van voor af. Sy mag blond wees, maar sy is soms nogal slim! |
I also have a bunch of 'characters', in my mind, and they live in their own worlds. They want to tell other people about themselves and their exploits. Váleorí (or just Valerie), depicted here, is my dominant character. She lives on a different version of Earth, one where history happened differently - and better - than here. I have painted a few pictures of her so far. Here is a portrait of her from the front. She may be blonde, but she's quite clever! |

|
Váleorí het 'n suster, Vífíanne. Ví is baie lank gelede gebore - in die jaar 2497 van hulle wêreld, wat ooreenstem met ons jaar 1743. Ví is eintlik al lankal dood - maar haar 'gees' (dit is egter nie duidelik wat presies die aard van hierdie 'gees' is nie) is steeds in kontak met Val. Hier is Ví soos sy gelyk het toe sy vyftien jaar oud was - met ander woorde, toe sy nog grootliks ongedeerd was, want later het sy vreeslik baie letsels gehad. |
Valerie has a sister, Vífíanne (or just Vivienne). Viv was born very long ago - in their year 2497, which corresponds to our year 1743. Viv actually died long ago ... but her 'spirit' (albeit not clear what the nature of this 'spirit' is) is still in contact with Val. Here is Viv as she looked at the age of fifteen - in other words, when she was still mainly unscathed, because later she had terribly many scars. |
|
Op dié stadium is daar nog nie baie te sien nie. Kyk egter asseblief na die volgende blaaie: daar is een oor 'n boom, een oor 'n soort voël, en dan ook Váleorí se inleidingsblad. Ek wil graag uiteindelik Vál se stories in Afrikaans asook Engels hê. Anders as die ander sal ek hulle afsonderlike blaaie maak - ek dink nie die kolomformaat sal so goed wees vir die estetika nie. Ek sal moet sien hoe die dinge werk. |
At this stage there is not much to see yet. Please look at the following pages though: there's one about a tree, one about a kind of bird, and then also Valerie's introduction page. I would like to have Val's stories in Afrikaans as well as English, eventually. Unlike the others I will make them into separate pages - I don't think the column format will be so good for the aesthetics. I'll have to see how things work out. |
The Voice of Valerie - Nexus Page (English)
Hierdie Hele Webblad/This Entire Webpage © Willem van der Merwe 2001