(op die wysie van kinders van die wind)
(Na aanleiding van Runé se gehuil as sy winde het...)
Ek het'n nuwe baba
vol huil en lag en skree
en as dit dan by kostyd kom
begin sy weer te skree
Van melkies tot by pappies
van droë doek tot by poef
en eindelik is al wat bly
net Winde van Runé
gesiggie, laggies, ogies
is tog so mooi vir ons
maar as dit weer by kostyd kom
dan begin sy weer te skree
Van melkies tot by pappies
van droe doek tot by poef
en eindelik is al wat bly
net Winde van Runé
Rudolf/Heleen Henning (2002)