KLEIN KAROO ROOSTERKOEK
Hiedie is die stapelvoedsel van die meeste mense in die KLEIN
KAROO waar ek grootgeword het. Onlangs was ek weemoedig bly om hom
na baie jare raak te loop by 'n stalletjie by die Klein Karoo
Nasionale Kunstefees. Baie strategies was dit direk langs die Brandewyn
Stigting se stalletjie, en ook simbolies, want in Barrydale se wêreld
weet die manne van brandewyn stook.
BESTANDDELE:
Broodmeel, 1kg.
Droë gis, 10ml.
Heuning, 10ml.
Sout, 10ml.
Olie, 15ml.
Lou-warm water, 750ml.
METODE:
Los gis en heuning op in 250ml lou water, en voeg 15ml meel by. Laat
staan op 'n warm plek totdat skuimerig is. Sif res van meel en sout saam.
Voeg suurdeeg by, knie goed en voeg res van warm water by. Voeg olie by en
knie weer. Bedek met 'n klam doek, en laat op 'n warm plek om te rys.
Knie weer, rol uit (1-2cm dik) en sny in koeke. Laat rys en braai oor
kole.
Eet met botter en appelkooskonfyt, en dink terug aan jou kinderjare toe
jy dit skelm saam met jou bruin vriende by hul huise gaan eet het, en jou
ma amper die horries gekry het!
TERUG NA DIE KULINÊRE BLAD!