'N PAAR SKAKELS NA ANDER WEBWERWE

Click here to see these pages in English


TREINENTOESIASTE

Die Chessie System Photo Archives. As jy hou van treine met katte op, moet jy hier 'n draai maak! Dean Heacock het seker 'n halwe leeftyd, of dalk selfs 'n bietjie langer, gespandeer om fotos te neem van feitlik elke lokomotief en kaboes wat ooit Chessieverf gedra het, asook 'n groot hoeveelheid ander Chessie-uitrusting. Hy wys ook fotos van daardie lokos en kaboese wat nooit in katverf oorgeverf is nie en wat regdeur die Chessie-era in hul Chesapeake & Ohio, Baltimore & Ohio of Western Maryland kleure bly loop het. En toe die dag aanbreek dat Chessie die laaste van haar nege lewens opgebruik het, het hy begin om fotos te neem van die lokomotiewe van Chessie se opvolger, die CSX.

Fallen Flag Railroad Photos. George Elwood is die webmeester van wat seker die grootste treinverwante webwerf enige plek op die internet is. Soos Dean Heacock se Chessiewerf, is hierdie webwerf van onskatbare waarde vir navorsers, modeltreinvervaardigers en -modelleerders van feitlik enige spoorweg, aangesien dit fotos en data oor meer as 600 gewese spoorweŽ en kortlynspoorweŽ asook al die groot spoorweŽ van die VSA en Kanada bevat. Hierdie fotos dateer van die laat 1800s tot vandag. Ek het onlangs aan hom voorgestel dat hy ook 'n blad oor skeepsvraghouers behoort te skep, aangesien houervervoer 'n baie groot deel van spoorvervoer geword het. Hy het ingestem, en ook versoek dat ek fotos van Suid-Afrikaanse treine aanstuur aangesien daar op daardie stadium nog geen blad oor die SAS/Spoornet op sy werf was nie. Dit maak nou hierdie webwerf van hom selfs meer enorm.....

"Kroegstories", oftewel Tales From The Krug. Al Krug van Sheridan, Wyoming, VSA, is 'n masjinis op die Burlington Northern Santa Fe spoorweg wat gereeld essays op sy webwerf publiseer, toegelig met ongelooflike fotos wat hy "by die werk" neem. Al ooit twee of drie Boeings op 'n trein gesien? Gaan kyk!


WEBWERWE VAN 'N PAAR INTERNET-MODELTREINVRIENDE

Dave Alexander, Shorewood, Minnesota, VSA. Dave is 'n N-skaler wat die kuns vervolmaak het om N-skaal trein-items op eBay te verkoop. Sy veilings is verslawender as nikotien en hy het reeds 'n paar ernstige duike in my bankrekening veroorsaak, hoewel ek nog nooit 'n enkele item by hom gekoop het wat ek nie as 'n winskopie beskou het nie.

Don Crano, Akron, Ohio, VSA. Hierdie Don is die Godfather van Digitale Bevel en -beheerstelsels (DCC), veral die Digitrax-stelsel, en die antwoorde op byna alle vrae wat modeltreiners oor feitlik enige aspek van DCC kan hÍ, kan op sy webblaaie gevind word.

George Irwin, Ellison Park, New York≤, VSA. George is 'n skrywer van essays en kortverhale, 'n historikus oor die eerste generasie van Atlas N-skaal modeltreine, en die selfaangestelde verslaggewer oor alle nuwe vrystellings deur Micro-Trains. En hy doen dit uitstekend, dikwels met die tong diep in die kies. Dit alles en nog meer is op sy webwerf te vinde, en soos hy self sÍ, dis gratis en ten minste soveel werd.

Bob Young, Clinton, Ontario, Kanada. Voordat jy hier klik om Bob se South Huron & Ontario Rail Transit (SHORT) Line Model Railroad te besoek, maak seker dat jou rekenaar se klank aangeskakel is. Dit sal ook die moeite werd wees om die volume so 'n bietjie oop te draai.....


INDEKS

Klik op die hofies hieronder om direk na die betrokke blaaie te gaan.

Voorblad
Akkommodasie (Sea-Spray Selfsorg Vakansiewoonstel)
Die Kgalagadi-Oorgrenspark
Die Storie van 'n Kalahari-Telefoonpaal
Die Chessie System in N-Skaal, & Dekodeerder-Installeringsgidse
Die Langkloof-Appeltrein
Aangename Kennis

Volgens die Webteller is jy besoeker nommer aan hierdie blaaie sedert 23 Mei 2002. As jy kommentaar wil lewer op enigiets wat jy hier sien, of dalk iets wil voorstel, pos asseblief 'n ebriefie.


Geskep op 27 Augustus 2003. Laas op 12 September 2003 opgedateer.