Click here to see these pages in English
Op 'n dag het 'n Kalaharivoëltjie sy droommeisie raakgeloop en haar oortuig dat hulle saam moet huis opsit. Hulle kry toe 'n gerieflike telefoonpaal, waar hy vir hulle hul droomhuis gebou het waarin hulle vir altyd gelukkig sou kon saamwoon.

Op 'n dag het die skoonfamilie kom kuier, en toe hy weer die dinges uit sy oë uitvee, het hulle sommer permanent ingetrek. En in die oorvol huis was daar nou net mooi niks privaatheid oor nie! Hy het gou besef dat die enigste uitweg om sy gemoedsrus terug te kry, was om maar aan te bou.

Maar toe kom trek 'n paar neefs ook in, asook 'n paar van sy ou armypêlle en selfs 'n paar ouens wat hy nie eens geken het nie. En voor hy kon weet wat hom getref het, het sy huis na 'n woonstelblok begin lyk.

Toe kom daar 'n klomp onwettige immigrante uit Nigerië intrek en dinge begin rof raak. Toe 'n spul plakkers ook nog begin bylas, was dinge gou op die afdraande pad.

En toe die dwelmsmokkelaars en die bendes uiteindelik oorneem, moes die arme man tot sy groot ontsteltenis agterkom dat die droomhuis in 'n rotnes verander het.

'n Vriend van hom was skerper. Toe hy ontdek dat hy binnekort in 'n soortgelyke situasie gaan beland, het hy vroegtydig tot aksie oorgegaan en weer heel bo van voor af gaan begin voordat dinge heeltemal kon hand uitruk.

Ek is seker daar's 'n les iewers hierin.....
Hierdie webwerf gaan nie net oor die woonstel nie, maar ook oor onsself, ons gesin en ons stokperdjie. Klik op die hofies hieronder om direk na die betrokke blaaie te gaan.
|
||||||||
|
|||||||
Volgens die Webteller is jy
besoeker nommer aan hierdie blaaie sedert 23 Mei 2002.
![]()
Geskep op 6 September 2003. Laas op 2 Oktober 2003 opgedateer.