OP ANDR… & MAGGIE KRITZINGER SE WEBWERF

Click here to see these pages in English


Hierdie is Tafelberg, sonder twyfel die mooiste berg op aarde. Dit is ook die uitsig vanaf Blouberg se strand so 500 meter straataf van waar ons in Bloubergrant, Kaapstad, woon. Regs van die berg, rofweg 90 grade vanaf die uitsig op die foto, lÍ Robbeneiland.

Bloubergstrand is die naaste deel van die vasteland aan die eiland. In Augustus 1806 het die Slag van Blaauwberg hier plaasgevind, toe die Britte die Hollanders die tweede keer uit die Kaap verjaag het. Met verloop van die jare, gewoonlik wanneer die Kaap de Goede Hoop omgeskakel het na haar Kaap van Storms-weergawe, het Bloubergstrand ook sy kwota van skeepswrakke versamel. Hulle sluit in die SS Hermes by Milnertonstrand noord van die vuurtoring, die Nieuw Haarlem ook naby die vuurtoring, die Oosterland, en by die Milnerton strandmeer, die Winton en die Commandor.

Die jongste stranding was om 06:30 op Dinsdag 19 Augustus 2003 toe die Sea-Land Express, gelaai met 1037 skeepsvraghouers, by Sunset Beach op rofweg dieselfde plek gestrand het as waar die Hermes op 12 Mei 1901 vergaan het. Sy was veronderstel om daardie oggend in Tafelbaaihawe te gaan vasmeer en sou die volgende dag na Newark vertrek het.

Elf dae later, gedurende die vroegoggend-springgety op 30 Augustus, het die drie sleepbote (waarvan een sigbaar is op die foto van Tafelberg bo-aan die blad - die rooi skip links) uiteindelik daarin geslaag om die Sea-Land Express sowat 25 grade weg van die strand te swaai, nadat 'n baggerboot die hele week gewerk het om sand aan die skip se seekant weg te werk. Die probleem was egter nou dat die skip nie meer op sand gelÍ het nie, maar op 'n klipbank. Hierdie foto is om 17:00 gedurende die middag-hoogwater geneem.

Presies twee weke later op 13 September, nadat die baggerboot die hele tyd lank 24 uur elke dag sand rondom die skip weggewerk het, kon die drie sleepbote tydens die vroegoggend-hoogwater daarin slaag om haar omtrent 45 grade weg van die strand te swaai en ook so 100 meter ver te sleep. En gedurende daardie middag se hoogwater teen ongeveer 15:00 het die sleepbote haar eindelik weer vlotgemaak.


Op die res van hierdie blaaie wil ons onsself aan julle voorstel, en julle ook die selfsorgwoonstel wys wat ons by ons huis aangebou het. Sommige blaaie handel ook oor my primÍre stokperdjie, modelspoorweŽ. Aangesien ek 'n digitale bevel-en-beheerstelsel (DCC) gebruik om die treintjies te laat loop en derhalwe reeds 'n mate van ondervinding opgedoen het met die omskakeling van gelykstroomlokomotiewe om op DCC te loop, sluit ek ook 'n paar DCC dekodeerder-installasiegidse vir N skaal lokomotiewe in. (Hierdie is slegs in Brits aangesien feitlik al my modeltreinkennisse Engelssprekend is.) En ten laaste, aangesien ons albei treinentoesiaste is, wys ons julle ook 'n paar 12 duim tot die voet skaal treine, en 'n paar skakels na ander interessante modeltreinwerwe. Gebruik asseblief die indeks hieronder om by hierdie ander blaaie uit te kom.


INDEKS

Klik op die hofies hieronder om direk na die betrokke blaaie te gaan.

Akkommodasie (Sea-Spray Selfsorg Vakansiewoonstel)
Die Kgalagadi-Oorgrenspark
Die Storie van 'n Kalahari-Telefoonpaal
Die Chessie System in N-Skaal, & Dekodeerder-Installeringsgidse
Die Langkloof-Appeltrein
Aangename Kennis
Skakels na Ander Webwerwe

Volgens die Webteller is jy besoeker nommer aan hierdie blaaie sedert 23 Mei 2002. As jy kommentaar wil lewer op enigiets wat jy hier sien, of dalk iets wil voorstel, pos asseblief 'n ebriefie.


Geskep op 25 Augustus 2003. Laas op 13 September 2003 opgedateer.