AANGENAME KENNIS

Click here to see these pages in English


Dis albei van ons se tweede huwelik, dus is daar ons en 'n paar van hare en 'n paar van syne, maar geen ons s'n nie, behalwe as jy die diere wil insluit. Hier is ons, van jonk na oud.

Dries Maree is Maggie se jongste. Hy's 'n student in logistiek en woon by sy pa in Kempton Park.

André Kritzinger II, alias Klippies of Boesman, is André se jongste. Hy woon in Pretoria en werk as 'n rekenaartegnikus.

Annemarie Kritzinger is André se eersteling. Sy is 'n prokureur by 'n prokureursfirma in Pretoria. Hier wys sy haar "daar's nie 'n manier nie" uitdrukking.

Natasha Kruger is Maggie se eersteling en die ewebeeld van haar ma. Sy doen bemarking en woon ook in Pretoria. Op 25 April 2003 is sy getroud met AB Kruger, die seun van een van André se Lugmagkollegas. Kyk hier om meer oor hierdie groot geleentheid te sien.

Hier is Maggie. Voordat ons afgetree het, was sy 'n sielkundige, en by tye 'n busdrywer ook. Die sonnige glimlag wat sy hier wys, verskyn gewoonlik die oomblik dat "Going Back West" van Boney M begin speel.

En die een wat so iesegrimmig lyk is ek, op die foto links lank gelede in die vorige eeu toe ek nog elke dag moes skeer, en voordat ek in Maart 1999 na 32 jaar diens in die Suid-Afrikaanse Lugmag afgetree het. (Nee, ek was nie 'n vlieënier nie, ek het gewerk!) Deesdae werk ek volgens 'n sewe-dag-naweekstelsel en die gevolge daarvan is duidelik sigbaar op die ander foto.


INDEKS

Klik op die hofies hieronder om direk na die betrokke blaaie te gaan.

Voorblad
Akkommodasie (Sea-Spray Selfsorg Vakansiewoonstel)
Die Kgalagadi-Oorgrenspark
Die Storie van 'n Kalahari-Telefoonpaal
Die Chessie System in N-Skaal, & Dekodeerder-Installeringsgidse
Die Langkloof-Appeltrein
Skakels na Ander Webwerwe

Volgens die Webteller is jy besoeker nommer aan hierdie blaaie sedert 23 Mei 2002. As jy kommentaar wil lewer op enigiets wat jy hier sien, of dalk iets wil voorstel, pos asseblief 'n ebriefie. (Moet net nie lelik wees nie, ons het ook binnestes.....)


Geskep op 26 Augustus 2003. Laas op 11 September 2003 opgedateer.