DIE CHESSIE SYSTEM IN N-SKAAL

Click here to see these pages in English


INLEIDING

EMD SD35 WM 7434, 'n Atlasmodel.


Ek het twee stokperdjies. Die een is posseŽlversameling, waarmee ek reeds in 1955 begin het toe ek sewe jaar oud was. Op die oomblik word die filatelie egter ernstig afgeskeep aangesien ek op my tweede stokperdjie konsentreer - modelspoorweŽ.

Vandat ek kan onthou, was ek gefassineer deur treine. Totdat ek 13 jaar oud was, het ons op Touwsrivier gewoon. Die dorp is vandag nog hoofsaaklik 'n spoorwegdorp, hoewel maar net 'n skaduwee van sy ou self weens die afskaling van spoorwegaktiwiteite, om nie eens te praat van die sluiting van die Ladismith-lyn nie. Ons het naby die stasie gewoon en sommige van my eerste herinneringe is van die massiewe stoomlokomotiewe wat in daardie dae nog op Suid-Afrika se spoorlyne koning gekraai het. Touwsrivier was die bemanning- en trekkrag-omruilpunt op die roete van Kaapstad na Beaufort-Wes, en was ook die plek van waar die taklyn na Ladismith afgedraai het. Daardie dae was die Kaapse spoorroetes nog net van Kaapstad tot op Touwsrivier geŽlektrifiseer, en die volgende ongeveer 800 kilometer van daar af tot by Kimberley was nog stoomwÍreld. Die elektrifisering van die lyn tussen Touwsrivier en Beaufort-Wes het toe maar pas begin en is eers voltooi nadat ons Kaapstad toe getrek het.

Die Ladismith-lyn was ook 'n stoomlyn en die domein van "Makkadas", die bynaam vir die paar stoomlokomotiewe wat op hierdie roete geheers het. Groot gedeeltes van hierdie lyn is weggespoel deur dieselfde vloed wat Laingsburg in Januarie 1981 so swaar getref het, en daar is uiteindelik besluit om nie miljoene te spandeer om die lyn te probeer heropen nie, aangesien dit voor die vloed reeds onwinsgewend was.

Ek het my eerste modeltreine in 1964 gekoop, toe ek nog op hoŽrskool was. Dit was in HO-skaal, 1:87 skaalmodelle van die prototipe, en hoofsaaklik Britse treine. Jare later, in 1978, het ek al my HO (Horribaal Oordadige) uitrusting verruil vir die N (Normale)-skaal treintjies van 'n Lugmagkollega, Kol Daan Erwee, en ek is steeds in daardie skaal besig. N-skaal modeltreine is 1:160 skaalmodelle van die ware jakob en loop op spoortjies wat 9 millimeter wyd is.

In 1999, kort na my aftrede, het ek die Kaapstad-N Trak-klub gestig, en in die proses het ek te hore gekom van Digitale Bevel- en Beheer (DCC). My treine word nou beheer deur die Digitrax Chief-stelsel (opgegradeer van my oorspronklike Empire Builder-stelsel), en daar is nou net mooi geen kans dat ek dit eens sal oorweeg om terug te keer na die ou dae van 'n "analoge" gelykstroom (DC) beheerstelsel nie.

DCC behels kortliks 'n bevelstasie (inderwaarheid 'n klein rekenaar), een of meer handversnellers wat elkeen twee treine tegelyk kan beheer, en 'n mobiele dekodeerder wat in elke lokomotief geÔnstalleer word. Die dekodeerder is 'n programmeerbare rekenaarskyfie wat in die stroombaanroete tussen die lokomotief se wiele en die motor ingevoeg word. Die dekodeerder ontvang dan die handversneller se seine via die bevelstasie deur die spore, en voer dan krag na die motor en die ligte in ooreenstemming met die seine wat ontvang word. Dit beteken dat mens 'n groot aantal lokomotiewe op dieselfde stuk spoor kan hÍ wat almal maksimum krag ontvang, en steeds in staat is om elkeen afsonderlik te beheer met betrekking tot beweging, rigting, spoed, ligfunksies en nog veel meer. Omdat al die spore met DCC pal volsterkte krag ontvang, is dit moontlik om 'n stilstaande lokomotief se ligte op volsterkte aan te hÍ en te kan beheer. Vergelyk dit met die ou DC-stelsel waar al die lokomotiewe dadelik almal in dieselfde rigting sou begin beweeg die oomblik dat die spore krag ontvang, en waar die ligte slegs sou brand terwyl die lokomotief beweeg, en helderder sou word na mate die spoed toeneem.

Dekodeerderinstallering kan nogal fyntrap verg in party lokomotiewe, en in ander betreklik maklik wees. N-skaal is aan die klein kant - die ware-grootte-foto hierbo van 'n N-skaal-model 45 voet lange 100 ton steenkooltrok wys presies hoe klein! Die gevolg is dat daar gewoonlik geen oorskietspasie binne-in 'n lokomotief vir 'n dekodeerder beskikbaar is nie, en 'n mate van chirurgie is dus dikwels nodig om plek te maak. Ek het 'n paar fotos geneem tydens sommige van die installerings wat ek al gedoen het en die prosesse stap-vir-stap opgeteken, en dit in hierdie webblaaie ingesluit in die vorm van installasiegidse. Kyk die indeks onderaan hierdie blad.

Die spoorweg wat ek modelleer is die Chessie System, 'n Amerikaanse spoorwegstelsel wat tot stand gekom het toe die Chesapeake & Ohio-spoorweg (C&O) in 1963 die Baltimore & Ohio-spoorweg (B&O) en sy filiaal, die Western Maryland-spoorweg (WM), gekoop het. Die Chessie System-verfskema, gebaseer op Chessie, die slapende katjie uit die Chesapeake & Ohio se jarelange publisiteitsveldtog, is in September 1972 in gebruik geneem. Ek modelleer die Chessie System oor die tydperk van 1972 tot 1986, maar my uitleg is 'n totale vryskutontwerp en ek het geen poging aangewend om enige gedeelte van die werklike ChessiewÍreld te probeer uitbeeld nie.

Links is die oorspronklike Chessie, die spoorwegkatjie, waarop die Chessie System se embleem gebaseer is, en regs is die "Ches-C" embleem op die neus van EMD GP15 # C&O 1520. Anders as in die geval van bykans alle ander samesmeltings tussen verskillende Amerikaanse spoorweŽ, het hierdie drie spoorweŽ hulle eie identiteite nŠ die samesmelting behou , met die gevolg dat selfs nadat die Chessie-verfskema ingestel is, lokomotiewe en trokke van die stelsel steeds met letters gemerk is wat elkeen kon identifiseer as behorende tot ůf die C&O, die B&O of die WM. Chessie self het van die toneel verdwyn toe dit uiteindelik op 1 Julie 1986 saam met ander spoorweŽ in CSX Transportation opgeneem is. Teen hierdie tyd is al die ou Chessie-lokomotiewe wat nie geskroot of verkoop is nie, reeds oorgeverf in die bleeksielerige CSX-kleure, maar enkele trokke oorleef nog steeds in Chessieverf.

Om die Chessie te modelleer bied die voordeel dat die era oor slegs 14 jaar strek, met die gevolg dat ek nie "verplig" voel om elke nuwe lokomotieftipe te koop wat beskikbaar word nie. Wat my sak maar min gebaat het aangesien so 'n groot aantal van die lokomotieftipes wat in Chessieverf gewerk het, in N-skaal beskikbaar is! Chessie was 'n diesel-alleen-spoorweg wie se diesellokomotiewe byna almal gebou is deur die Electromotive Division of General Motors (EMD). Van die drie deelspoorweŽ het slegs die C&O tydens die Chessie-era ook 'n aantal diesels uit die General Electric (GE)-stal gebruik. Daar was wel 'n paar lokomotiewe van 'n paar ander vervaardigers ook nog tydens die Chessie-era in gebruik, maar benewens drie S2 rangeerders van die B&O uit die stal van die American Locomotive Company (Alco), het geen ander van hulle ooit Chessieverf gekry nie. En Chessie was 'n vragspoorlyn wat hoofsaaklik steenkool vervoer het, en ek het dus nie nodig om enige passasierstreine op my uitleg toe te laat nie.


INDEKS

Na die ander Chessieblaaie:

My Modeltreinuitleg
Padwerke
'n Eenweekberg
Eindelik Loop Hulle

Na die res van my webwerf:

Voorblad
Akkommodasie (Sea-Spray Selfsorg Vakansiewoonstel)
Die Kgalagadi-Oorgrenspark
Die Storie van 'n Kalahari-Telefoonpaal
Die Langkloof-Appeltrein
Aangename Kennis
Skakels na Ander Webwerwe

Die volgende blaaie bevat dekodeerderinstalleringsgidse vir 'n paar N-skaal diesellokomotiewe:

Atlas DCC-gereed Lokomotiewe
Atlas EMD GP30
Atlas EMD GP40
Bachmann GE C40-8 & C40-8W
Kato EMD SD40
Kato GE U30C
Life-Like EMD GP38-2
Life-Like EMD SD7 & SD9
Life-Like EMD SW9 & SW1200

En die volgende blaaie bevat gidse om 'n paar N-skaal diesellokomotiewe te diens of om hulle werkverrigting te verbeter:

Atlas & Kato Diesel Wielsteldiens
Life-Like SD7 & SD9 Kragtoevoer
Model Railroading with DCC
[ Sluit Aan | Ringsentrum | Lukraak | << Vorige | Volgende >> ]
Simply Trains Webring
[ Sluit Aan | Ringsentrum | Lukraak | << Vorige | Volgende >> ]

Volgens die Webteller is jy besoeker nommer aan hierdie blaaie sedert 23 Mei 2002. As jy kommentaar wil lewer op enigiets wat jy hier sien, of dalk iets wil voorstel, pos asseblief 'n ebriefie.


Geskep op 10 September 2003. Laas op 2 Oktober 2003 opgedateer.