'N 12 DUIM TOT DIE VOET N-SKAAL-SPOORWEG!

Click here to see these pages in English.


Daar is dertien fotos op hierdie blad en dit kan dalk 'n rukkie duur om te laai, maar ek is seker dat jy die bietjie wag die moeite werd sal vind!

Van 4 tot 7 April 2002 is die Tiende Suid-Afrikaanse Modelspoorwegkonvensie in Port Elizabeth gehou. En op 6 April het al die afgevaardigdes en hulle wederhelwe en 'n paar van hulle kinders by Humewoodstasie bymekaargekom vir 'n rit op die Appeltrein.

As 'n seun in die vyftigerjare het die April-skoolvakansie gewoonlik vir my 'n kuier op Oupa se appelplaas by Joubertina in die Langkloof beteken. Een van die hoogtepunte was altyd om saam met Oupa op sy muilwa te ry as hy vragte uitvoergehalte-appels stasie toe aangery het om op die appeltrein te laai. Destyds (toe Kersbome nog hoog was.....) het die appeltrein se trokke baie groter gelyk as wat hierdie een vandag is, maar selfs toe reeds het hulle klein gelyk vergeleke met die "reusagtige" 3'6" Kaapse Standaardspoor-treine op Touwsrivier, waar ons daardie tyd gewoon het. Vergeleke met sommige van die ander trokke wat by Humewoodstasie en by verskeie sylyne langs die Appeltrein se roete staan, is trok # NG O 3883 nog in 'n uitstekende toestand.

Dieselfde kan ongelukkig nie gesÍ word van die klein Klas 13NG 0-6-0-0-6-0 Garratt # 121 nie. Al staan hy onder 'n afdak oor 'n diensput, sou dit dalk 'n veel beter idee gewees het om hom in die droŽ Karoolug by Avontuur, 240 km (150 myl) verder op die ander punt van die spoorlyn te gaan bÍre as feitlik op die strand by Humewoodstasie. Die Appeltrein het 'n paar diensbare stoomlokomotiewe, maar hulle word slegs tydens die nat seisoen gebruik weens die brandrisiko as die veld droog is.

Op die Appeltrein self is spesiale voorsiening gemaak om fisiek gestremdes te akkommodeer. Hierdie kondukteurswa is met opritte toegerus om dit toeganklik te maak vir rystoele. Die wa is tot ons beskikking gestel aangesien Maggie as gevolg van 'n onlangse operasie weer "voetloos" was tydens die konvensie. Om in die kondukteurswa te ry, het die ekstra bonus van 'n plaas se spasie binnekant vergeleke met die standaardwaens - daar's genoeg oop ruimte om tafeltennis te kan speel. Selfs die toilet is aangepas om dit rystoelvriendelik te maak. By Thornhillstasie, waar die trein omdraai en waar ons middagete geniet het, het ek bewys (tot groot vermaak van sommige mede-afgevaardigdes en deur Maggie in die proses te inspireer om 'n paar splinternuwe woorde te skep) dat haar rystoel perfek op die tweevoetspoor pas - die handgrepe loop mooi op die spore en die bande dien as flense.

Die treinpersoneel het maar 'n rowwe tyd op die Appeltrein - hulle ry buite. Daar's geen deure tussen die smal waens nie, en om van een wa na die ander te beweeg, moet die "kondukteur" buite op die loopplank langs loop.

Die trein stop net voor die brug oor die Van Stadensrivier op die uitwaartse rit, om daardie passassiers wat wil die kans te gee om oor die brug te stap en aan die oorkant van die rivier te wag vir 'n fotosessie terwyl die trein die brug oorsteek.

Verder af rivierlangs is die N2 se padbrug oor die rivier sigbaar. Die brug het gewild geword onder Bungee-springers, en tot datum is alle selfmoordpogings van die middel van die brug af met dodelike sukses beloon.

Ten minste een van die wederhelwe het die heelpad oor die brug, en daarna vir nog 'n halfuur aan die oorkant, bitterlik gekla oor die feit dat sy gedwing was om oor die brug te stap ten spyte daarvan dat sy 'n betalende passassier was, en dit net omdat die brug te trietserig is om 'n gelaaide trein te kan dra en boonop ly sy aan hoogtevrees en sy kan self sien dat die verdomde brug petietserig is want toe sy probeer het om in die middel langs te hou om weg te bly van die hoenderhokdraad-kante en die laaang val in die skeur af, moes sy tot haar ontsteltenis ontdek dat daar gapings tussen die slepers is waardeur sy die rivierbedding kon sien, en maak nie saak wat enigiemand sÍ nie, maar as ons terugkom gaan sy botweg weier om van die trein af te klim, sy sal in die toilet of iewers wegkruip as dit moet, maar sy loop nottendÍm nie weer oor daai brug nie, en....! Sy was rÍrig moerig toe sy hoor dat sy geflous is om oor te stap!

Hier kom die (byna leŽ) trein oor die brug.

'n Paar kilos anderkant die brug stop die trein 'n tweede keer by Van Stadens-stasie. Die meeste van die lang ry trokke wat op die sylyn staan is wrakke en die Rooikransbosse is goed op pad om hulle toe te groei.

Die klein Klas 91 diesellokomotief is 'n 44-ton produk uit die General Electric-stal. Altesaam twintig is vir die Suid-Afrikaanse SpoorweŽ (nou Spoornet) gebou, waarvan negentien oorleef sedert # 014 'n paar jaar gelede eendag teen 'n berghang in die Langkloof afgerol het nadat hy nie daarin kon slaag om teen meer as die voorgeskrewe spoed om 'n skerp draai te kom nie.

Twee van hulle is 'n paar jaar gelede na Port Shepstone op die Natalse suidkus oorgeplaas, waar hulle steeds op daardie smalspoorlyn diens doen. Om hulle tot op Port Shepstone te kry, is hulle op 3'6" skaal draaistelle gemaak pas sodat hulle die reis op eie stoom kon aflÍ, al die pad via Oos-Londen, Noupoort, Bloemfontein, Newcastle en Durban, aangesien daar geen direkte roete kuslangs is nie. Hulle het glo soos "bigfoot"-bakkies gelyk op daardie oorgrootte draaistelle.

Ongetwyfeld 'n lid van die GE-familie, maar om die lokomotief so van voor af te bekyk laat daardie tweevoetspoortjie regtig onvoldoende lyk!

Ek kon selfs die bemanning ompraat om my 'n entjie in die kajuit te laat saamry. Die maksimum toegelate spoed op die smalspoor is 40 km/h (25 mph). Ek sou sekerlik nie wou hÍ dat die trein enigiets vinniger op hierdie smal spoortjies ry nie - uit die kajuit lyk dit selfs nog smaller! Hier kom ons by Van Stadens-stasie aan.


INDEKS

Klik op die hofies hieronder om direk na die betrokke blaaie te gaan.

Voorblad
Akkommodasie (Sea-Spray Selfsorg Vakansiewoonstel)
Die Kgalagadi-Oorgrenspark
Die Storie van 'n Kalahari-Telefoonpaal
Die Chessie System in N-Skaal, & Dekodeerder-Installeringsgidse
Aangename Kennis!
Skakels na Ander Webwerwe

Model Railroading with DCC
[ Sluit Aan | Ringsentrum | Lukraak | << Vorige | Volgende >> ]
Simply Trains Webring
[ Sluit Aan | Ringsentrum | Lukraak | << Vorige | Volgende >> ]

Volgens die Webteller is jy passassier nommer sedert 23 Mei 2002. As jy die rit op die Appeltrein geniet het, of as jy enige kommentaar of voorstelle het, stuur gerus 'n e-briefie.


Geskep op 27 Augustus 2003. Laas op 2 Oktober 2003 opgedateer.