KLIPPIES SELFSORG-AKKOMMODASIE

BLOUBERGRANT, KAAPSTAD, SUID-AFRIKA

Click here to see these pages in English

In November 2001 het ons die aanbou van 'n woonstel aan ons huis in Bloubergrant voltooi. Dis 'n ten volle toegeruste tweeslaapkamerwoonstel wat ons verhuur as 'n selfsorg-vakansiewoonstel vir besoekers aan Kaapstad. Die woonstel het sy eie ingang en ons gaste kan dus volkome privaatheid geniet. En ons is binne loopafstand (500 meter) van die strand af. 'n Kaart van die Blaauwberg-area is hier beskikbaar. Op die kaart, klik op "Bloubergrand" (sic), en soek dan vir Sprayweg om te sien waar ons is.


DIE SITKAMER

Albei rusbanke kan omskep word in dubbelbeddens deur die sitplekkussings uit te vou. Daar is 'n plafonwaaier vir daardie warm somersdae. Voorts het die hele woonstel plafon-insulasie en is al die vloere geteël om te help om die plek koel te hou. Die skuifdeure lei na 'n klein skaduryke patio. Die televisiestel is aan die een in die huis gekoppel, waar ons digitale satelliettelevisie het.


ONTBYTTOONBANK

Die kombuis is 'n oopplanontwerp en word met 'n kombuiskas van die sitkamer geskei. Die toonbank dien ook as 'n ontbythoekie. Of as 'n kroegtoonbank, as jy wil.....


DIE KOMBUIS

Ons het die kombuis toegerus met al daardie implemente wat ons as noodsaaklik beskou het. Dit het 'n tafelblad-vierplaatstoof met 'n oorhoofse filtereenheid, asook 'n oond. Daar is ook 'n mikrogolfoond, ketel, broodrooster, yskas, en oorgenoeg potte, panne, borde, glase, messegoed, ens. Dit het 'n dubbelbak vlekvrye staal opwasbak. Ander noodsaaklikhede wat voorsien word is 'n strykyster, strykplank, besems, 'n mop, ens. Om die woonstel skoon en netjies te hou is maklik aangesien al die vloere geteël is.

Maar aangesien julle veronderstel is om met vakansie te wees terwyl julle hier is, is dit nie eens nodig om die kombuis te gebruik nie. Daar's 'n horde restaurante, pizzaplekke, viswinkels, ens., alles minder as 'n kilometer van die woonstel af, en ook verskeie wegneemfasiliteite wat binne 15 tot 30 minute na bestelling by die deur aflewer.


HOOFSLAAPKAMER

Die hoofslaapkamer het twee gemaklike driekwartbeddens en ingeboude kaste.


TWEEDE SLAAPKAMER

Die tweede slaapkamer het twee dubbeldekbeddens wat aan vier persone slaapplek bied. Dit het ook ingeboude kaste.


DIE BADKAMER

Die badkamer het 'n bad, toilet, handwasbak en (buite sig op die foto agter die deur aan die regterkant) 'n stort.


PARKEERPLEK

Die oprit by die woonstel se ingang is groot genoeg vir verskeie voertuie, en dis dus nie nodig dat jou voertuig in die straat oornag nie.


BUITE SEISOEN-TARIEF

Ons buite seisoen-tarief is R600 per nag vir tot soveel as vier mense. Vir 'n vyfde en sesde persoon geld 'n addisionele bedrag van R150 per persoon per nag, en vir 'n sewende tot tiende persoon 'n addisionele bedrag van R100 per persoon per nag.

IN SEISOEN-TARIEF

Ons in seisoen-tarief is R800 per nag vir tot soveel as vier mense. Vir 'n vyfde en sesde persoon geld 'n addisionele bedrag van R200 per persoon per nag, en vir 'n sewende tot tiende persoon 'n addisionele bedrag van R100 per persoon per nag.

BESPREKING EN DEPOSITO

'n Deposito van 50% van die totaal, of 'n kleiner bedrag indien so ooreengekom, is betaalbaar met bespreking, met die balans betaalbaar by aankoms, verkieslik in kontant. Die deposito is nie terugbetaalbaar nie. Depositos kan direk by ons bankrekening inbetaal word, of per tjek. Besprekings per e-pos is welkom, of ons kan per telefoon bereik word by (021) 554-1266 of op die selfoon by 0824-761-737. Die huistelefoon kan boodskappe opneem.

SKAKELS – VENNOTE IN TOERISME

Kitesports Cape Town, wat Bloubergstrand as die Wêreld se Premium “Kitesurfing”-bestemming bevorder. Hulle bied ook “kitesurf”-instruksie aan vir dié wat die behoefte het om iets nuuts te probeer doen.

2003

Dagbreek op 24 November 2003, buite die woonstel met Jean-Claude van Damme. Sommige tonele vir die fliek "The Wake of Death" is heelnag elke nag van 20 tot 23 November 2003 in die straat voor ons huis, en in 'n huis oorkant die straat verfilm. (Van Damme is die een wat nie 'n haarsny nodig het nie….)


INDEKS

Hierdie webwerf gaan nie net oor die woonstel nie, maar ook oor onsself, ons gesin en ons stokperdjie. Klik op die hofies hieronder om direk na die betrokke blaaie te gaan.

Voorblad
Die Kgalagadi-Oorgrenspark
Die Storie van 'n Kalahari-Telefoonpaal
Die Chessie System in N-Skaal, & Dekodeerder-Installeringsgidse
Die Langkloof-Appeltrein
Aangename Kennis
Skakels na Ander Webwerwe
Volgens die Webteller is jy besoeker nommer aan hierdie blaaie sedert 23 Mei 2002. Dis 'n KLOMP!! Ons voel gevlei!!


Geskep op 26 Augustus 2003. Laas op 21 September 2011 opgedateer.