Ollie-argief: Ou verslag wat eers elders op die web gehuisves is         

DIE OLLIES HOU
'N ONVERGEETLIKE FAMILIEFEES!

Middel-Desember 1998 het die Ollies
se spore gelei na Stellenbosch!

Hiermee word verslag gedoen dat tientalle Suid-Afrikaners met die vanne

* OLWAGE
* OLWAGEN
* OLDEWAGE
* OLLEWAGEN
* Of verskeie wat 'n Ollie in die voorgeslag het
* D.w.s. nasate van Detlef Christian Ol[de]wage
van Duitsland en Anna Margetha Henn -- en hul
aangetroude familie,

in Des. 1998 'n uiters geslaagde familiefees
op Stellenbosch gehou het. Soli Deo Gloria.

Kommentaar hierop en navrae kan gerig word aan:
G. Olwagen
Posbus 4144
Old Oak
7537
E-pos:
dugeot by iafrica punt com
(skakel verwyder om gemorspos te vermy wat deur
“robots” op die web uitgestuur word)

Telefoon: (021) 919 3971

Familielede het van die middag van 15 Desember tot die oggend van 19 Desember met volle losies in die universiteitskoshuis Irene tuis gegaan. Ekskursies per bus is onderneem na historiese Ollie-plase by Villiersdorp en Stanford, die oorspronklike Olewagenskloof by Papiesvlei, asook na Dassiesfontein in die Overberg (vir 'n fees-ete), en na die Kaapstad en die Waterfront, onder meer.

* Lede van die "clan" in die buiteland wat
die fees in Stellenbosch bygewoon het,
is Fritz Oldewage van die familieplaas Oldewage
by Barver in Nedersakse, Noordwes-Duitsland;
Dietrich en Ipu Oldewage van Wolpinghausen,
Duitsland; Dan en Barbara Oldewage van Santa
Ana, Kalifornië, VSA.
* Goed honderd Ollies het op Stellenbosch
saamgetrek.
Die meeste (meer as 60) het in die koshuis
oorgebly, terwyl ander elders
in die Wes-Kaap vertoef en hulle op
wisselende tye by ons aangesluit het.

* Onderteken seblief die gasteboek as jy
hier gelees het.



Sign Guestbook
    


Read Guestbook

Hierdie skakels is dood omdat die
plek waar hier bladsy destyds
gehuisves is, nie meer in sy ou vorm
bestaan nie

* For those who do not understand Afrikaans: this is a report on a family gathering in South Africa


Klik hier om terug te keer na die beginblad van die Ollie-webwerf