**************************
LYS NOMMER 9 -

Die stamouers se seun
a.b2. JOHANNES
HENDRIK CLOETE

(beter bekend as

HENDRIK JOHANNES)

SE 17 KINDERS
(7 SEUNS wat nasate het)

**************************

a.
DIE STAMVADER DETLEF CHRISTIAN OL(DE)WAGE van Barver naby Diepholz in Nedersakse Noordwes-Duitsland. KYK LYS NOMMER 1 VIR BESONDERHEDE.

b2. JOHANNES HENDRIK CLOETE, beter bekend as HENDRIK JOHANNES, geboortedatum en -plek onbekend, gedoop te Kaapstad op 7 Jan. 1798. X CORNELIA ISABELLA SWART.
XX JOHANNA ADRIANA MATTHEE. KYK LYS NOMMER 2 VIR BESONDERHEDE.

b2 HENDRIK SE KINDERS BY CORNELIA ISABELLA SWART:

c1. SUSANNA CATHARINA PETRONELLA, * 30 Des. 1822, = Caledon 9 Feb. 1823. X Caledon 21 Feb. 1842 haar neef JOHANNES MICHIEL BREDENKAMP, oudste seun van haar tante a.b6 Anna Margaretha Olwage en Jan Frederik Bredenkamp. Hier is een klassieke voorbeeld van die Babelse verwarring wat soms met die spelling van die Ollie-familienaam geheers het. In die doopregister word haar pa se van by haar inskrywing OLWAG (sic) gespel. In huweliksregister by haar trou-inskrywing word haar pa weer aangedui as H.J. OLDERWAGEN, maar self teken sy haar naam SCP OLWA (sic). Nadat sy op 6 Jan. 1844 reeds as getroude vrou en op 22-jarige leeftyd aangeneem is in die kerk op Caledon, verskyn haar van in die lidmaatregister as OLWAGEN. [D/L/T/AA]

c2. DEETLEF JOHANNES CHRISTIAAN ook aangedui as DIJTLIEF CHRISTIAAN JOHANNES, selfs as CHRISTIAN DYLIEF en DETLEFF CHRISTIAN, * 17 Aug. 1824, = Caledon in 1824. X Caledon 24 Nov. 1851 ANNA MARGARETHA BREDENKAMP. Hy is tydens sy huwelik 'n ``landbouer'' van die plaas ``Springerskuil'' in die Rûens by Caledon en sy 'n ``jonge dochter'' van ``Eilandskloof''. Sy was sy niggie, sesde kind van sy tante a.b6 Anna Margaretha Olwage en Jan Frederik Bredenkamp. Hul spoor lei na Victoria-Wes en daarna na Dutoitspan (vandag Beaconsfield, Kimberley), sentrum van vroeë diamantdelwerye. Geen sterfkennis is van Deetlef Christiaan Johannes gevind nie, wat die navorsing baie bemoeilik. Dit lyk egter vir ons feitlik seker dat die Ollie-naam in hierdie vertakking uitgesterf het, hoewel die Ollie-gene duidelik voortleef in die nageslagte van die dogters.
/ DR.: OLWAGE. / TR.: OLWAGE. [D/T/AA]

c3. JACOBUS NICOLAS PETRUS, * 22 Aug. 1826, = Caledon in 1826. X Caledon 17 Feb. 1851 GEERTRUIDA MARIA SWART. Hy was toe 'n ``landbouer'' van ``Hartebeestrivier''. Heel moontlike noemnaam: Jacob. In huweliksregister aangedui as JACOB JACOBUS NICOLAAS PETRUS OLWAGEN. Hy teken dan ook inderdaad sy familienaam in die register met die ``N'' agteraan en dis interessant dat sy nasate blykbaar konsekwent hierdie spelwyse volg (buiten een klein vertakking waar dit miskien 'n geslag of wat lank OLLWAGEN, met twee elle, geword het, en straks in 'n ander doodlooptakkie weer OLEWAGEN). Ook interessant is dat Jacob se eie neef Andries Johannes (seun van a.b1 Jan Daniel), wat op dieselfde dag as hy in die gemeente Caledon trou, sy familienaam as OLWAGE teken, sonder die ``N''! Maar met Jacob se doop verskyn sy pa se van ook as OLWAGE. [D/T/AA]

c4. JOHAN HENDRIK WESSEL ook aangedui as HENDRIK WESSEL JOHANNES, * 22 Okt. 1828, = Caledon in 1829. X Caledon 4 Feb. 1856 ANNA GERTRUYDA CHRISTINA ROOS. Ten tyde van die huwelik is hy 'n ``landbouwer op de plaats Springerskuil''; sy is 'n minderjarige ``jonge dochter van de plaats Wolfgat''. Hul nasate (of ten minste dié wat die familienaam voortdra) bly tot in die twintigste eeu blykbaar almal agter in die Westelike Overberg. Geen sterfkennis gevind nie.
/ DR.: OLWAGE. / TR.: OLWAGEN. [D/T]

c5. JOHANNES WILHELMUS, * 2 Mei 1831, = Caledon 7 Aug. 1831. X vroeg in 1863 te Caledon met MARGARETHA ELIZABETH SUSANNA ROOS. Sy was eers getroud met 'n sekere Sherman by wie sy 'n dogter gehad het. Hy + Kaainsvlakte distr. Hay op 25 April 1887 (ander bron: 25 April 1889). Sy + in huis van A.J. Loubser (vermoedelik hul dogter Cornelia se man) te Danielskuil Barkly-Wes op 4 Mei 1920 in die ouderdom van 81 jaar en 10 maande. In huweliksregister teken Johannes Wilhelmus sy van ``Olwage'', ofskoon baie van sy nasate die familienaam ``Oldewage'' spel (soos in Duitsland).
/ DR.: OLWAG (sic). / TR.: OLWAGE. / SK. Kaapstad: OLWAGEN. / SK. Kimberley: OLWAGIE (sic). [D/T/S.ex2/S.v]

c6. MICHIEL JACOBUS, beter bekend as MICHIEL JOHANNES, * 24 Junie 1833, = Caledon 13 Okt. 1833. Doopnaam Michiel Jacobus, maar in sy ma se sterfkennis as MICHIEL JOHANNES aangedui. (Geen sterfkennnis van sy pa is gevind nie.) Omdat Michiel J. se eie sterfkennis ook nog nie gevind kon word nie, was dit 'n taai tameletjie om te kon bevestig dat hy dieselfde man is wat met sy troue skielik in Boshof in die Vrystaat opgeduik het -- so ver van Caledon af. Maar daar is nou verskillende afdoende bewyse dat die familie hier heeltemal korrek ``gekonnekteer'' is. MICHIEL JOHANNES X Boshof in die Vrystaat 6 Junie 1864 JACOBA JACOMINA JACOBS, d.v. Johannes Jacobus Jacobs, 'n afstammeling van Pierre Jacob wat as Franse Hugenoot hier aangekom het van Calais af. Egpaar laat doop eerste vier kinders te Boshof, res se doopplek(ke) nog onseker. Hul spore lei in elk geval na Klippan distr. Marico.
/ DR.: OLWAGE. [D/AA/S.s/F]

c7. PETRUS HERMANUS, * 22 Maart 1835, = Caledon in 1835. Stellig klein dood. Nie genoem in sy ma se sterfkennis. Geen verdere spoor van hom ook gevind nie.
/ DR.: OLWAGE. [D/S.m]

c8. WILLEM FREDERIK JOHANNES, * 10 April 1838, = Caledon 1 Julie 1838. Stellig klein dood. Nie genoem in sy ma se sterfkennis. Geen verdere spoor van hom ook gevind nie.
/ DR.: OLWAGE. [D/S.m]

c9. ANNA MARGARETHA ELIZABETH, * 2 Januarie 1843, = Caledon 16 April 1843. Lewensloop onbekend aan samestellers. Moontlike eggenoot, nie finaal bevestig nie: X Stanford 16 Mei 1866 MATTHEUS PETRUS LUCAS HENDRIK ERWEE.
/ DR.: OLWAGE. / TR.: OLWAGE. [D/T]

b2 HENDRIK SE KINDERS BY JOHANNA ADRIANA MATTHEE:

c10. MAGDALENA SUSANNA HENDRINA, * 17 Jan. 1849, = Caledon 1 April 1849. X as minderjarige met pa Hendrik se toestemming te Caledon 29 Aug. 1863 JOHANNES GODLIEB NEGRINE.
/ DR.: OLWAGEN. / TR.: OLWAGEN. [D/T]

c11. ABRAHAM DIJTLIEF, * 3 Maart 1851, = Caledon 13 Julie 1851. X Kimberley 11 Okt. 1876 JACOMINA GETRUIDA HENN. Skaapboer van ``Blesmanspos'', wat 'n stewige span kinders by twee vroue laat doop in die Ned Geref gemeente wat oorspronklik as Cathcart-Wes bekend was (gestig in 1883). Die gemeente word in 1890 hernoem tot Klein Boetsap en in 1927 tot Reivilo ('n omkering van die van van ds. A.J. Olivier, 'n plaaslike leraar). Reivilo is 'n dorp aan die pad tussen Taung en Kuruman in die distrik Vryburg. Volgens die sterfkennis van Abraham Dijtlief se eerste vrou, Jacomina, verloor hy haar deur die dood op 14 Junie 1916 te Barkly-Wes, maar die datum moet stellig 'n jaar of meer vroeër wees, want sy oudste kind by sy tweede vrou is al op 26 Mei 1916 gebore! Kleurryke persoonlikheid, lyk dit, van die soort om wie legendes geweef word. XX in sy sestigerjare die negentienjarige jonge dogter ELIZABETH FOURIE, * 24 Jan. 1897 en + 15 Mei 1988. Hy + reeds 29 April 1933 te ``Blesmanspos''.
/ DR.: OLWAGE. / TR.(1): OLWAGE. / V.: OLLEWAGEN. [D/T/S.v1/S.e/F]

c12. ALIDA JACOBA, * 3 Maart 1853, = Caledon 24 Julie 1853. Heel waarskynlike eggenoot ofskoon die datums nie heeltemal wil klop nie: X Caledon 9 Mei 1876 PETRUS JAKOBUS NIEMAND.
/ DR.: OLWAGE. / TR.: OLWAGE. [D/T]

c13. JOHANNA ADRIANA, * Villiersdorp 8 Junie 1855, = Franschhoek 9 Sept. 1855. X moontlik HENDRIK DU TOIT van De Aar. 2 dogters.
/ DR.: OLWAGE. [D/F]

c14. JAN FREDERIK ook aangedui as FREDERICK JOHANNES, * ``Radyn'' Villiersdorp 22 Julie 1857, = Franschhoek 13 Sept. 1857. X Villiersdorp 18 Maart 1884 MARGARETHA JOHANNA SMITH, toe hy 'n ``werksman van Elandskloof'' was en sy 'n ``jongedochter'' van Villiersdorp. Hy + 14 Junie 1925 in huis te ``Wijzersdrift'' distr. Worcester.
/ DR.: OLWAGE. / SK.: OLWAGE. [D/T/S.e]

c15. PIETER JOHANNES, * ``Groote Kloof'' Villiersdorp 15 Sept. 1859, = Villiersdorp 13 Nov. 1859. Sy oom Piet (na wie hy ongetwyfeld genoem is) en tannie Elizabeth geb. Malan is twee van sy vier doopgetuies. Hy + ongetroud volgens sy Engelse sterfkennis as ``laborer'' in die Kimberleyse hospitaal op 14 Des. 1893. Hy was toe maar in sy middel-dertigerjare.
/ DR.: OLWAGE. / SK.: OLWAGE. [D/S.e]

c16. ELIZABETH MARIA, * ``Zoeloekraal'' 30 Jan. 1862, = Villiersdorp 13 Julie 1862. Lewensloop onbekend aan samestellers.
/ DR.: OLWAGE. [D]

c17. MARIA LOVINA, * 1 Feb. 1864, = Villiersdorp 5 Feb. 1865. X moontlik JOHN GLAESER (inligting nog nie bevestig). John + c. 1914. / DR.: OLWAGE. [D/AA]


Om terug te keer na INHOUDSOPGAWE klik hier


© 2000 G Olwagen Posbus 4144 Old Oak 7537
dugeot@iafrica.com