*******************************
LYS NOMMER 20 -
Die afstammelinge van die
stamouers sesde seun,
a.b11 PIETER JOHANNES,
beter bekend as
PIET
Nasate in die 20ste eeu spel die van OLWAGE,
maar die Ollie-van het in 1965 feitlik seker in
hierdie vertakking uitgesterf
********************************
a. DIE STAMVADER DETLEF CHRISTIAN OL(DE)WAGE van Barver naby Diepholz in Nedersakse Noordwes-Duitsland. X DIE STAMMOEDER ANNA MARGARETHA HENN. KYK LYS NOMMER 1 VIR BESONDERHEDE.b12. PIETER JOHANNES beter bekend as PIET, * 16 Des. 1819, = Caledon 30 Jan. 1820. X ELIZABETH FRANCINA MALAN. KYK LYS NOMMER 2 VIR BESONDERHEDE.
c1. CHRISTIAAN DEITLIEF PIETER, * ``Boschjesveld'' by Villiersdorp 31 Jan. 1850, = Franschhoek 14 April 1850. Sy ouma Anna Margaretha geb. Henn, aangedui as die weduwee van ``C.D. Olwage'' in die doopregister, is 'n doopgetuie.
Christiaan Deitlief Pieter word aangeneem in die gemeente Victoria-Wes op 14 Feb. 1872 en vertrek na Carnarvon op 'n ongenoemde datum in die lidmateregister. Hy woon te Kareebosch, (vandag) 'n aanleg tussen Carnarvon en Vosburg by die Kareebospoort.
Later na Beaufort-Wes, waar hy in 1892 'n erf koop van Matthys Johannes Weeber vir 250 pond sterling. Onbevestigde inligting dat hy hy met 'n slaghuis gemoeid was. Nog later woon hy te Observatory in die Kaap. Hy en sy broer Daniel Jacobus Malan Olwage was ná 16 Sept. 1925 (met die dood van hul suster Anna Margaretha Cornelia) feitlik seker die enigste oorlewende kinders van b12 Piet en Elizabeth.
CDP X CHRISTINA MARIA KRUGER. Die egpaar het die besondere onderskeiding van drie stelle tweelinge gehad -- maar ongelukig dui alles weer daarop dat die meeste van hul kinders tragies vroeg of jonk moet gesterf het.
Laat in 1926 het CDP as bejaarde wewenaar nog slegs twee lewende kinders gehad: sy vrygesel-seun Daniel, wat hom na omgesien het, en sy dogter Elizabeth Francina, wat met William Edward White getroud was. Dit was nadat sy enigste ander lewende dogter, Susanna, op 29 Sept. 1926 oorlede is en dié se elfjarige dogtertjie, Christina Magdalena Mary, wees gelaat is. (Dié Christinatjie is, as 'n terloopse brokkie inligting, later getroud met Edward Norman.)
Die enigste persoon wat hierdie navorser egter in ons ondersoek opgespoor het wat van b11 Pieter Johannes se gene dra, is 'n kleindogter van d3 ELIZABETH FRANCINA (WHITE) hieronder, mev. Suzie Ireland (kyk by d3).
Onbevestigde inligting stel CDP se sterfjaar op 1937. Hy rus in 'n familiegraf van die familie White (sy een dogter se getroude van) in die Woltemade-begraafplaas in die Kaap (graf no. 19879), maar die graf is (nog) nie deur ons besigtig nie. Geen sterfkennis van hom of sy vrou is gevind nie.
/ DR.: OLWAGE. / V.: (EIE HANDTEKENING): OLWAGE. [D/AA/F]
d1. Een van tweeling: PIETER HENRICUS, * 24 Aug. 1877, = Carnarvon 18 Sept. 1877. Sterk aanduidings dat hy klein of jonk moet gesterf het. / DR.: OLWAGE. [D/AA]
d2. Een van tweeling: CAROLINA JOHANNA, * 24 Aug. 1877, = Carnarvon 18 Sept. 1877. / DR.: OLWAGE. [D]
d3. ELIZABETH FRANCINA, ``Karreebosch'' 12 Sept. 1878, = Carnarvon 15 (of 22) Des. 1879. X WILLIAM EDWARD WHITE (1873-1944), 'n Brit wat volgens dié se familie in die Tweede Vryheidsoorlog na Suid-Afrika gekom het. Die inligting kan nie heeltemal korrek wees nie, want die egpaar verskyn reeds op 'n foto wat omstreeks 1896 geneem is -- enkele jare voor die oorlog dus.
Ná 16 Junie 1965, toe sy uit die boedel erf van haar oorlede jongste broer van die ouetehuis te Observatory in die Kaap, was Elizabeth Francina die langslewende lid van haar Olwage-gesin.
Een opgespoorde informant wat nog van die gene van dié waarskynlik uitgestorwe Olwage-stam dra, is 'n kleindogter van hierdie Elizabeth Francina, te wete mev. Suzie Ireland van Goodwood. In gesprekke in 1994 en 1995 kon sy verskeie van ons vermoedens oor die hartseer uiteinde van hierdie Olwage-stam bevestig. Latere inligting: Mej. George, nuwe hoof van die Kaapse Argiefbewaarplek, is ook 'n afstammeling. / DR.: OLWAGE. [D/AA/F]d4. OCKERT GERHARDUS JOHANNES, * 4 Okt. 1881, = Beaufort-Wes 10 Maart 1882. Sterk aanduidings dat hy klein of jonk moet gesterf het. / DR.: OLLENWAGE (sic). [D]
d5. No. 1 van tweeling: CHRISTIAN DEITLIEF PIETER, * 21 Nov. 1883, = Beaufort-Wes 13 Jan. 1884. Sterk aanduidings dat hy klein of jonk moet gesterf het. / DR.: OLLEWAGEN (sic). [D]
d6. No. 2 van tweeling: CHRISTINA MARIA, * 21 Nov. 1883, = Beaufort-Wes 13 Jan. 1884. / DR.: OLLEWAGEN (sic). [D]
d7. No. 1 van tweeling: MAGDALENA SUSANNA, * 24 Jan. 1886, = Beaufort-Wes 7 Maart 1886. / DR.: OLLEWAGE (sic). [D]
d8. No. 2 van tweeling: SUSANNA LOUISA ELIZABETH, * 24 Jan. 1886, = Beaufort-Wes 7 Maart 1886. Sy + 29 Sept. 1926. / DR.: OLLEWAGE (sic). [D]
d9. DANIEL JACOBUS MALAN, * Beaufort-Wes 6 Feb. 1889, = Beaufort-Wes 9 Okt. 1889. Beroep aangedui in sterfkennis: ``Rail worker''. Hy + ongetroud in die ``Arcadia Old Age Home'' te Observatory in die Kaap op 16 Junie 1965. Hy was feitlik verseker die laaste manlike Ollie-gebore lid van die Piet-vertakking. / DR.: OLLEWAGE. / SK.: OLWAGE. [D/S.e]
d10. MARIA MAGDALENA, * 3 Julie 1891, = Beaufort-Wes 6 Sept. 1891. / DR.: OLLEWAGE. [D]
c2. JACOB PETRUS FREDERIK, * ``Boschjesveld'' by Villiersdorp 31 Mei 1852, = Franschhoek 8 Aug. 1852. Vanweë die kennelike afwesigheid van enige opgespoorde nasate ná al die jare, is hy waarskynlik as kind dood of as ongetroude of kinderlose getroude volwassene. / DR.: OLWAGE. [D]
c3. SUSANNA LOUISA ELIZABETH, * ``Boschjesveld'' by Villiersdorp 20 Des. 1854, = Franschhoek 11 Feb. 1855. Moontlike eggenoot, maar nog nie bevestig nie: A.W. VAN SCHALKWYK. / DR.: OLWAGE. [D/AA]
c4. PIETER JACOBUS JOHANNES HENDRICUS, * ``Boschjesveld'' by Villiersdorp 11 Junie 1856, = Franschhoek 10 Aug. 1856. Vanweë die kennelike afwesigheid van enige opgespoorde nasate ná al die jare, is hy waarskynlik as kind dood, of as ongetroude of kinderlose getroude volwassene. / DR.: OLWAGE. [D]
c5. ANNA MARGARETHA CORNELIA (waarsk. ``Annie'' genoem), * ``Boschjesveld, Modderfontein'' by Villiersdorp 11 April 1858, = in gemeente Villiersdorp wat in 1858 van Caledon afgestig het op 9 Mei 1858. Haar tagtigjarige weduwee-ouma Anna Margaretha geb. Henn is 'n doopgetuie -- die laaste keer dat ons iets van die ou stammoeder lees. Anna Margaretha Cornelia X JOHN HELLING, maar haar lewe eindig tragies. Sy + 16 September 1921 in 'n kamer in Soutrivier, waar sy alleen saam met haar veertienjarige kleindogter Margaret (Maggie) Britz woon. Onder haar nagelate besittings is boeke, asook ``dress cuttings'' en 'n ``sewing machine'', wat daarop dui dat sy dalk met tipiese Ollie-inisiatief 'n bestaan met naaldwerk kon gemaak het in 'n moeilike tyd. Haar kleinkind Maggie trou later met Charles Hayward Derbyshire, en ons weet dat hulle in 1951 te Groenpunt in die Kaap gewoon het. Só leef die Ollie-gene moontlik ook nog voort in sekere van die Derbyshires. / DR.: OLWAGE. / SK.: OLWAGE. [D/AA/S.e]
c6. CATHARINA MARIA, * ``Groote Kloof'' Villiersdorp 23 Des. 1859, = Villiersdorp 8 Jan. 1860. Woon waarsk. later te Beaufort-Wes. Moontlike eggenoot, maar nie bevestig nie: WILLEM HENDRIK PIETERSEN. / DR.: OLWAGE. [D/AA]
c7. DANIEL JACOBUS MALAN, * ``?-Kloof'' (onduidelik - seker ``Groote Kloof'') 3 Okt. 1862, = Villiersdorp 21 Des. 1862. Jare later, in Sept. 1925, toe hy sy suster Anna Margaretha Cornelia se sterfkennis onderteken, woon hy by ``229 Albert Road'' Woodstock in die Kaap. Hy teken as ``D. Olwage''. Vanweë die kennelike afwesigheid van enige opgespoorde nasate ná al die jare, is hy waarskynlik as ongetroude of kinderlose getroude oorlede. Sterfdatum onbekend. Sy broer Christiaan Deitlief Pieter het 'n seun gehad met dieselfde name (a.b12.c1.d9), wat in 1965 ook ongetroud dood is te Observatory en feitlik seker die laaste manlike lid van die PIET-tak was.
/ DR.: OLWAGE. / V.: OLWAGE (eie handtekening). [D/AA]
Om terug te keer na INHOUDSOPGAWE klik hier
© 2000 G Olwagen Posbus 4144 Old Oak 7537
dugeot@iafrica.com