*****************************
LYS NOMMER 19 -
Die Carnarvon-Ollies: nasate van
die stamouers se vyfde seun,
a.b11 JAN FREDERIK,
meer dikwels aangedui as
FREDERICK JOHANNES
Vertakking skiet wortel
te Carnarvon
/Vanwijksvlei
(vandag se nasate spel blykbaar
almal die van OLWAGEN)

*****************************


OPM. 1: a.b11 Jan Frederik se tak is nie so buitensporig groot soos dié van sekere van sy broers nie. Hy was immers een van die jonger kinders van Detlef Christian en Anna Margaretha, en daarby was hy ook nog 'n oujongkêrel voordat hy eers tot trou gekom het. Sy vertakking van die stamboom het dus minder jare gehad om te groei.

OPM. 2: Die lys is voltooi -- waarmee 'n mens ten minste wil sê dat al a. b11 Jan Frederik se Ollie-gebore nasate tot en met die begin van 1995 waarskynlik opgespoor is.

a. DIE STAMVADER DETLEF CHRISTIAN OL(DE)WAGE van Barver naby Diepholz in Nedersakse Noordwes-Duitsland. X DIE STAMMOEDER ANNA MARGARETHA HENN. KYK LYS NOMMER 1 VIR BESONDERHEDE.

b11. JAN FREDERIK meer dikwels aangedui as FREDERIK JOHANNES, 5 Okt. 1817, = Caledon 5 Apr. 1818. X RENSCHE VAN DER WESTHUYSEN. KYK LYS NOMMER 2 VIR BESONDERHEDE.

c1. CHRISTIAAN DANIEL, * 22 Des. 1859, = Worcester 13 Mei 1860. Mededeling deur familie dat hy op 22 Des. 1860 gebore is, strook nie met besonderhede in doopregister nie [kyk RA4/18 - bl. 164]. Twee van sy vier doopgetuies is sy pa se oudste broer, Jan (Johannes) Daniel, en di‚ se vrou, Catharina (geb. Niemand). X Carnarvon 5 Des. 1892 MARTHA HESTER JOHANNA JACOBA FRASER, * 25 Mei 1871, d.v. Thomas Casparus Fraser en Martha Hester Johanna Jacoba Knouts (? - onseker of laasgenoemde van korrek ontsyfer is, dit kan selfs Jooste wees). Hy + as hoogbejaarde 'n paar maande voor sy 90ste verjaardag op 11 Aug. 1949 in huis op plaas ``Witfontein'' Carnarvon. Sy + aan huis van haar seun Christiaan Daniel Olwagen te Carnarvon op 9 Feb. 1961. Vyf kinders.
/ DR.: OLWAGE. / SK.: OLEWAGEN. / Sy vrou se SK.: OLWAGEN. [D/S.e/S.v/F]

d1. MARTHA HESTER JOHANNA JACOBA, * 27 Sept. 1893, = Carnarvon 12 Nov. 1893. Bykomende inskrywing in doopregister: ``Schietkolk''. X Carnarvon 27 Sept. 1920 FRANZ ALBERTUS MARITZ. Vyf Maritzi-kinders uit huwelik gebore. / DR.: OLWAGE (sonder die ``N''). [D/F]

d2. FREDERIK JOHANNES, * 22 Okt. 1896, = Carnarvon 15 Mov. 1896. Bykomende inskrywing in doopregister: ``Schietkolk''. Hy laat later spelling van sy van in die doopregister verander van OLWAGE tot OLEWAGEN, maar in sy getranskribeerde sterfkennis vind ons die van OLWAGEN. Ongetroud oorlede. Hy + Carnarvon 18 Jan. 1973 as pensionaris, woon in Rivierstraat.
/ DR.: OLWAGE, verander tot OLEWAGEN (sic). / SK.: OLWAGEN. [D/S.e/F]

d3. THOMAS CASPARUS, * 20 (volgens ander bron: 4) April 1899, = Carnarvon 4 Junie 1899. Bykomende inskrywing in doopregister: ``Schietkolk''. Beroep in lewe: boer, woon ná aftrede in Zahnstraat Carnarvon. X Carnarvon 12 Feb. 1934 ANNA LOUISA JACOBS, * Carnarvon 18 Feb. 1910, d.v. Jan Abraham Gerhardus Jacobs en Anna Louisa Kruger. Hy + Carnarvon 12 Okt. 1985. Sy + Carnarvon 9 Jan. 1990. / DR.: OLWAGE (sonder die ``N''!). / SK.: OLWAGEN (met die ``N''). / V.: OLWAGEN. [D/S.e/F]

e1. ANNA LOUISA (``Ansie''), * Carnarvon 7 Julie 1935, = Carnarvon 28 Julie 1935. X Carnarvon 9 April 1955 as jonge dogter van ``Witfontein'' Carnarvon met JASPER JOHANNES CLOETE BUYS, boer van ``Bruinheuwel'' Carnarvon. Ansie is 'n gewaardeerde bydraer van familie-inligting oor die Olwagens. Een van haar Buys-seuns dra selfs die familienaam Thomas Casparus OLWAGEN Buys.
/ DR.: OLWAGEN./ V.: OLWAGEN. [D/F]

e2. THOMSIE JOHANNA, * Carnarvon 10 Sept. 1943, = Carnarvon 5 Des. 1944. Naam in doopregister was eers ``Thomsy'', maar in 1960 gerektifiseer tot ``Thomsie''. Beroepe: klerk, huisvrou. X Carnarvon 7 Julie 1962 TJAART NICOLAAS PRETORIUS, boer en buskontrakteur.
/ DR.: OLEWAGEN (sic). / V.: OLWAGEN. [D/F]

e3. MAGDALENA CHRISTINA, * 16 Des. 1956, = Carnarvon 3 Feb. 1957. Sy + as jong dogter te Carnarvon op 15 Julie 1970. / DR.: OLWAGEN. / V.: OLWAGEN. [D/F]

d4. CHRISTIA(A)N DANIEL, * 9 Sept. 1901, = Carnarvon 27 Julie 1902. Bykomende inskrywing in doopregister: ``Meintjeskloof''. Beroep in lewe: boukontrakteur te Carnarvon. X Van Wyksvlei 23 Feb. 1942 ANNA LOUISA KARSTENS/CARSTENS. Hy + 17 Junie 1962 in woonhuis te Carnarvon. Sy + 1963. / DR.: OLWAGEN. / TR.: OLWAGEN. / SK.: OLWAGEN. / V.: OLWAGEN. [D/T/S.e/F]

e1. CAROLINA ELIZABETH, * 14 Aug. 1942, = Carnarvon 7 Maart 1943. X Carnarvon 26 Mei 1962 WILLEM JACOBUS OOSTHUIZEN, * Riversdal 28 Okt. 1939. Drie Oosthuizen-kinders.
/ DR.: OLEWAGEN (sic). / V.: OLWAGEN. [D/F]

e2. CHRISTIAAN DANIËL, * 18 Feb. 1944, = Carnarvon 16 Julie 1944. Beroepe: polisiesersant, daarna hoofsekuriteitsbeampte by staalfabriek en verliesbeheerbeampte; woon in 1995, toe hierdie inligting bekom, is te Middelburg O.-Tvl. X Groblersdal 5 Nov. 1966 JOHANNA DU PLOOY, * Germiston 18 Sept. 1944, d.v. Jacob du Plooy en Johanna Magrietha Smit.
/ DR.: OLWAGEN. / V.: OLWAGEN. [D/F]

f1. JOHANNA MAGRIETHA, * Groblersdal 9 Maart 1970. X Middelburg Tvl. 2 Feb. 1991 ANTON CHRISTIAAN KRUGER, * Germiston 13 Nov. 1969. Twee Kruger-dogters gebore tot met einde 1994. / V.: OLWAGEN. [F]

f2. LOUISE, * Middelburg Tvl. 28 Julie 1972. X Middelburg Tvl. 5 Mei 1994 WILLEM ADRIAAN DANIËL DIEDERIK NEL, * Potgietersrus 30 Junie 1970.
/ V.: OLWAGEN. [F]

f3. CHRISTIAAN DANIËL, * Middelburg Tvl. 18 Nov. 1975. / V.: OLWAGEN. [F]

e3. GIDEON JACOBUS, * Carnarvon 2 Maart 1946, = Carnarvon 14 Julie 1946. Beroep in 1994 toe hierdie inligting bekom is: winkelier; woon te Richmond in die ou KP. X Nigel 7 April 1966 ELIZABETH MAGDALENA CRONJÉ, * Albertinia 7 April 1945, d.v. Willem Jacobus Cronjé en Christina Wilhelmina Petronella Roodman. Latere inligting (1999): Verhuis na Middelburg Mpumalanga. / DR.: OLWAGEN. / V.: OLWAGEN. [D/F].

f1. WILHELMINA LOUISA, * Germiston 28 Jan. 1967, = Kestell. X Middelburg Tvl. 7 April 1990 die onderwyser LEON PIETER BESTER. / V.: OLWAGEN. [F]

f2. CHRISTIAAN DANIËL, * Beaufort-Wes 14 Julie 1970, = Rietbron. Beroep in 1994 toe hierdie inligting bekom is: plaatmetaalwerker. / V.: OLWAGEN. [F]

e4. MARTHA HESTER, Carnarvon * 8 Mei 1948, = Carnarvon 17 Okt. 1948. X Middelburg Tvl. 31 Mei 1975 ALBERTUS JOHANNES BEZUIDENHOUT, * Brakpan 16 Sept. 1951. Geen kinders. / DR.: OLWAGEN. / V.: OLWAGEN. [D/F]

e5. ANNA LOUISA (spelling in doopregister: ANOLIE ISA), * Carnarvon 3 Okt. 1951, = Carnarvon 10 Feb. 1952. X Middelburg Tvl. 11 Junie 1987 JOHANNES JOOST COETZEE, * Springs 17 Nov. 1944. Geen kinders. / DR.: OLEWAGEN (sic). / V.: OLWAGEN. [D/F]

d5. FRANCOIS JACOBUS of JAKOBUS (volgens doopregister: FRANS JACOBUS), * 16 Okt. 1905, = Carnarvon 27 Nov. 1907. Bykomende inskrywing in doopregister: Williston. Beroep in lewe: boer. X Carnarvon 26 Junie 1939 ELSIE JOHANNA CATHARINA JACOBS, * Carnarvon 26 April 1908, d.v. Salomon Jacobs en Maria Horn. Hy was ten tyde van huwelik 'n boer van ``Witfontein'' Carnarvon en sy 'n jonge dogter van ``Stilverblyf'' (? - skrif onduidelik) Carnarvon. Hy + volgens getranskribeerde sterfkennis uit Kimberley te Carnarvon op 8 Maart 1981. Sy + Pretoria 16 Jan. 1987.
/ DR.: OLWAGEN. / TR.: OLWAGEN. / V.: OLWAGEN. [D/T/S.e/F]

e1. MARIA ELIZABETH, * 30 Julie (elders aangedui as Junie) 1942, = Carnarvon 4 Okt. 1942. X JOHAN BARNARD. Sy oorleef hom. Een Barnard-seun. / DR.: OLEWAGEN (sic). / V.: OLWAGEN. [D/F]

e2. FRANCOIS DANIEL, * 14 Julie 1945, = Carnarvon 16 Okt. 1945. Beroep in 1994 toe hierdie inligting bekom is: magasynmeester, werk vir Yskor by Tshikondeni-steenkoolmyn in Venda; posadres te Messina. X Kimberley 2 Aug. 1975 ADRIANA JOHANNA JACOBS, * Prieska 27 Okt. 1956, d.v. Adriaan Johannes Jacobs en Hendrik Johannes le Roux (die moeder het mansname gehad).
/ DR.: OLWAGEN. / V.: OLWAGEN. [D/F]

f1. HENDRIKA JOHANNA, * Carnarvon 22 Maart 1977.
/ V.: OLWAGEN. [F]

f2. FRANCOIS JAKOBUS, * Carnarvon 18 Maart 1980.
/ V. OLWAGEN. [F]

c2. NICOLAAS HENDRIK, * Prinshof, distr. Victoria-Wes, 24 Des. 1861, = Victoria-Wes 5 Jan. 1862. X Carnarvon 15 Sept. 1902 as oujongkêrel die weduwee HELLETJE MAGDALENA SUSANNA MARIA (``Hilda'') CLOETE geb. VAN WYK. Sy was eers getroud met Johannes Hermanus Cloete wat omstreeks 1894 oorlede is en by wie sy vyf kinders gehad het. Geen kinders by Nicolaas Hendrik nie. Sy + 12 Feb. 1928 in huis te Alheitstraat Carnarvon in die ouderdom van 70 jr. Hy + as boer en wewenaar in dieselfde jaar te ``Kalabasputs'' distr. Carnarvon op 25 Okt. 1928.
/ DR.: OLLEWAGE (sic). / SK.: OLWAGEN. (sic). [D/AA/S.e]

c3. FREDERICK JOHANNES, * 29 Jan. 1864, = Victoria-Wes 16 Feb. 1864. Nooit getrou nie. Volgens sterftesertifikaat sterf hy as hoogbejaarde te Roodepoort as begraafplaasopsigter. Ander boedelstuk toon hy was eers van Bruinpint [?] distrik Carnarvon. / DR.: OLWAGE (sic) / Hy onderteken die sterfkennis van sy broer Nicolaas Hendrik en spel sy van daar ``OLWAGEN''. / Eie sterftesertifikaat (nie sterfkennis nie): OLWAGEN. [D/AA].

c4. ANNA MARGARETHA, * 15 Julie 1866, = Victoria-Wes 2 Des. 1866. X JOHANNES MANS CLOETE (kyk by c2.: daar word weer melding gemaak van 'n Johannes Hermanus Cloete -- hoe steek die familie hier inmekaar? Hoe ook al, dis seker nie vir ons van wesentlike belang nie.) / DR.: OLWAGE. [D/AA]

c5. WIETSCKE JOHANNES, * 17 Maart 1869, = Victoria-Wes 8 Aug. 1869. Polisiedokumente dui hom aan as Wiets Johannes Olwagen. X Carnarvon 23 Feb. 1903 JOHANNA MAGDALENA FRASER. Hy was in die begin van die eeu 'n konstabel in die berede polisie van die distrik Carnarvon. In 1903 neem hy ses dae siekteverlof weens 'n ``serious indisposition'' wat, as 'n mens verder deur die dokumente blaai, volgens die distrikgeneesheer 'n kwaai verkoue blyk te wees. Nie dat dit hom blykbaar in sy lewe vorentoe geknou het nie: hy is eers kort duskant negentig oorlede. Wietscke + Roodepoort 3 Julie 1956 as wewenaar in die rype ouderdom van 87 jaar en 3 maande. Aangesien hul dogter se geboortedatum nog nie opgespoor kon word nie, is die volgorde van die egpaar se twee kinders op die d-vlak hieronder onseker. / DR.: OLWAGE. / SK.: OLWAGEN. [D/AA/S.e]

d. JOHANNA MAGDALENA. X BOTHA. / V.: OLWAGEN. [S.p]

d. FREDERIK JOHANNES, * Roodepoort 7 Julie 1907. Sy beroep word in sy vrou se sterfkennis aangedui as skilder; beroep in sy eie sterfkennis: pensionaris; woon te Roodepoort. X ALETTA MARIA HARMSE, * Potchefstroom 8 Sept. 1917, d.v. Jeremia Jesaja Jakobus Harmse en Elizabeth Maria Susanna nooiensvan nie verstrek. Sy + Roodepoort 12 Maart 1975. Hy oorleef haar en + Roodepoort 2 Aug. 1983. Ook húl dogter se geboortedatum kon nog nie opgespoor word nie en die volgorde van hul kinders is dus onseker. / SK.: OLWAGEN. [S.e/S.p]

e. WIETS JOHANNES, * Roodepoort 9 Des. 1943. Beroep: motorwerktuigkundige. Hy + ongetroud Mobil House Pleinstraat Johannesburg op 5 Sept. 1967. Pa onderteken sy sterfkennis. / SK.: OLWAGEN. [S.e/S.p]

e. ELIZABETH MARIA SUSANNA. X LOURENS. / V.: OLWAGEN [S.p]

c6. RENSCKE ELIZABETH (``Rensie''), * ``Schietkolk'', Carnarvon, 6 Julie 1871, = Victoria-Wes 10 Nov. 1871. Sy + as ``ongehuwde boerin'' te ``Zwartfontein'' Carnarvon op 25 Okt. 1918 in die ouderdom van 47 jaar en 3 mde. Al sewe haar broers en susters word in haar sterfkennis genoem, wat vir ons 'n aanduiding is dat hulle in hierdie stadium nog almal gelewe het. Jonger broer Jan Daniel is die eksekuteur van haar boedel.
/ DR.: OLWAGE (sonder die ``N''). / SK.: OLWAGEN (met die ``N''). [D/S.e]

c7. JOHANNES DANIEL (doopnaam), beter bekend as JAN DANIEL, * 3 Nov. 1874, = 17 Jan. 1875 in die gemeente Carnarvon wat van Victoria-Wes afgestig het. X Vanwyksvlei 2 Julie 1917 ANNA ELIZABETH (``Annie'') VAN DER WESTHUIZEN, 26-jarige jonge dogter van ``Boterslaagte'' [?] Carnarvon. Jan Daniel trou dus laterig in sy lewe, nes sy pa. Hy was toe 42 en het in daardie jaar 43 geword. Hul huwelik was maar die tweede een wat in die pas afgestigte gemeente Vanwijksvlei voltrek is. Volgens sy kleindogter Suzette Olwagen het hy vertel dat hy Johannes Daniel moes gewees het, maar dat sy pa hom ``foutiewelik'' as Jan Daniel laat registreer het. Suzette skryf: ``Oupa Jan is oorlede aan bloeding op die brein ná 'n val. Hy was 94 jaar oud en het by ons ingewoon. Hy was 'n hoogs intelligente persoon wat nog tot kort voor sy dood rugbywedstryde bygewoon het. 'n Getroue WP-ondersteuner! Sy bogemiddelde intelligensie is beslis oorgedra na sy seun Jan Daniël (my pa) en sy kleinseun Jan Daniël (my neef).''
/ DR.: OLWAGEN. / In die huweliksregister teken hy self sy van OLWAGEN met die ``N''. / V.: OLWAGEN. [D/T]

d1. FREDERIK JOHANNES, * c. 1920. Hy + ongetroud en kinderloos c. 1981. / V.: OLWAGEN. [F]

d2. STEPHANUS ALBERTUS, * 8 Nov. 1922, = Vanwyksvlei 3 Junie 1923. Beroep in lewe: administratiewe beheerbeampte; woon te Kuilsrivier. X JEANETTA JACOBA BRUWER, * Williston Frazerburg 25 Nov. 1923, d.v. Frik Bruwer en Martha Nieuwoudt. Hy + Wynberg 14 Nov. 1970. Sy + Bellville 20 Des. 1985.
DR.: OLWAGEN. / SK.: OLWAGEN. / V.: OLWAGEN. [D/S.e/F]

e1. JAN DANIËL, * Kaapstad 13 Mei 1947. Beroep in 1995 toe hierdie inligting bekom is: uroloog; woon te Pietersburg. Grade: M.B., Ch.B., M.Med. (U.S.). X Klerksdorp 3 Julie 1971 RITA SWART, * Johannesburg 18 Sept. 1947, d.v. Jacobus Johannes Swart en Geertruida Wilhelmina Wissink. Haar beroep: dosent Universiteit v.d. Noorde. Dr. Jan Daniël het aan die Hoërskool Tygerberg in Parow gematrikuleer en in 1971 sy M.B. Ch.B.en in 1779 sy M.Med. (urologie) aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Hy is sedertdien 'n private praktisyn. Sy tydverdrywe is vlieg, hengel en jag (hy is instrukteur van die Bosveld-Jagtersvereninging). / V.: OLWAGEN. [F]

f1. JACO-STÉFAN, * Tygerberg 13 Aug. 1973. In 1995, toe hierdie inligting bekom is, 'n student op Stellenbosch. / V.: OLWAGEN. [F]

f2. JAN DANIËL, * Tygerberg 2 April 1975. In 1995, toe hierdie inligting bekom is, 'n student aan die Kaapse Technikon. / V.: OLWAGEN. [F]

f3. KAREN, * Tygerberg 19 Okt. 1977. In 1995, toe hierdie inligting bekom is, 'n skolier. Latere inligting (1996): Au pair in Duitsland. / V.: OLWAGEN. [F]

e2. FREDERICK JOHANNES, * Kaapstad 6 Aug. 1954. Beroep in 1995 toe hierdie inligting bekom is: tegniese beampte Telkom; woon te Durbanville. X EILEEN LEWIS. Hy het geen eie kinders nie. / V.: OLWAGEN. [F]

d3. JAN DANIËL, * Carnarvon-distrik 9 Nov. 1924. Beroep in lewe: mediese dokter; woon te Vereeniging. X Klerksdorp 1 Junie 1954 MAGDALENA MARYNA VISSER, * Klerksdorp 21 Mei 1932, d.v. Jan Daniel Visser en Susanna Magdalena Carr. Hy + Vereeniging 1 Nov. 1979. Sy trou weer met

e1. SUZETTE MAGDALENA, * Boksburg 9 Julie 1964, = Ventersdorp Okt. 1964. Beroep in 1994 toe hierdie inligting bekom is: verpleegsuster. Haar indruk van die Ollies: ``Hulle is introverte en vermy skares ... nederige mense wat nie te koop loop met hul prestasies nie!'' Dit, glo ons, kan inderdaad van baie van die stamgenote gesê word. / V.: OLWAGEN. [F]

c8. CATHARINA FREDERICA ELISABETH, * 3 Okt. 1876, = Carnarvon 23 Des. 1876. X CLOETE. / DR.: OLWAGE. [D/AA]


Om terug te keer na INHOUDSOPGAWE klik hier


© 2000 G Olwagen Posbus 4144 Old Oak 7537
dugeot@iafrica.com