Kempton Threadbenders Patch en Kwilt is 15 jaar oud. Die afgelope jare het ons al baie mense sien kom en gaan. Sommige was ongelukkig net 'n kort tydjie by ons (man is in Gauteng op kontrak basis) en ander vriende het ons verlaat om nader te trek aan hulle families ens. Ons het 19 lede en ons is trots daarop om nog die 3 stigters (Gail Hirst, Angie Wynne and Coral Velcich) by ons te he.

Ons ontmoet elke 2de Woensdag en is 'n aktiewe groep. Ons het al 'n paar kwilts gemaak, onderandere vir looitjie verkope of vir donasies na Cotlands en lokale biblioteek.

Ons het al 4 keer uitgestal vanaf 1998, een in die sentrum waar ons guilt, dit was 'n fondsinsameling vir ons tuisgroep, en 3 uitstallings vir die lokale biblioteke in Kempton Park. Die uitstalling was gerig op die bewusmaking van Kwiltwerk en om die leeslus in die gemeenskap aan te wakker.

Die nuutste 2 kwilts is – 'Chevron Log Cabin' and 'County Lanes' dit verbaas my elke keer hoe verskillend weergawes van die selfde patroon in pragtige kwilts omskep word. Om besig te bly het die meeste van on nog tenminste 2 ander kwilts waarvan ons werk.

Ledigheid is mos die duiwel se oorkussing! of hoe?

Hierdie jaar het ons besluit om 'n Vriendskap Kwilt te maak vir elkeen in die group. Die "quilter" besluit watse blok sy wil he, sy kies die patroon uit meeste van die materiaal en gee 'n "mini workshop" op die blok wat sy uitgekies het. Die "Oldies" en meer ervarene "quilters" is al te bly om advies te gee.
Ons is altyd opsoek na nuwe lede.

Doris Frank (082 784 2612)
Gail Hirst (011- 979 2154)


 
© 2004 Chameleon Quilting Worx :: 1027x768 pixel :: Colour settings of 16Bit or higher ::Microsoft Internet Explorer 5.x or later.