| OOM
POLLA SE WINKEL is geleë op die gronde van Paul Roos Gimnasium
en het sy onstaan gehad in 1993 met die lewering van tweedehandse
handboeke. Sedertdien het die winkel gegroei, maar die kern van
ons besigheid is steeds hoërskoolhandboeke.
Ons
bedien tans die leerders van Paul Roos Gimnasium, Hoërskool
Stellenbosch,Bloemhoef Hoër Meisieskool en Rhenish Hoër
Meisieskool direk van nuwe en/of tweedehandse handboeke, asook skryfbehoeftes.
'n Wye verskeidenheid van studiegidse is beskikbaar.
By
Hoërskool Stellenbosch kan leerders bestellings plaas en afhaal
by Stellies se Winkel. Dit is egter meer raadsaam om na Oom Polla
se Winkel te gaan waar voorraad aangehou word.
|