Struktuur

Skematiese Voorstelling van die ABK se struktuur

Beskrywing van die bostaande skematiese voorstelling

Die Afrikaanse Baptiste Kerke kom jaarliks bymekaar vir ‘n Algemene Kerkvergadering waartydens sake van gemeenskaplike belang bespreek en besluite oor geneem word. Elke jaar word ‘n Uitvoerende Komitee verkies wat onder die voorsitterskap van die President tussen jaarvergaderings die belange van die denominasie hanteer. Verskillende rade lewer diens en gee leiding aan gemeentes en doen bepaalde werk wat die plaaslike gemeente in staat stel om effektief sy missie te vervul.

Die onderstaande bespreking toon die rade se spesifieke verantwoordelikhede:

Die Raad vir Christelike Opvoeding

Die raad bestaan uit persone wat die volgende portefeuljes beklee:

Gesin-Sondagskool - Leiding aan gemeentes ten opsigte van die bevordering van Sondagskoolonderrig in die algemeen; opleiding van Sondagskoolpersoneel; reël van kampe vir studente van die Sondagskool.

Jeug - Leiding aan gemeentes ten opsigte van die bevordering van Jeugwerk in die algemeen; opleiding van Jeugleiers; reël van kampe vir jongmense.

Publikasies - Aanmoediging van persone om Baptiste literatuur te skryf; Skryf van Sondagskoollesmateriaal; vertaling en publikasie van nuttige Baptiste studiemateriaal; Bestuur van die Kerkblad, die Baptiste Beeld.

Argief en Museum - Verkryging, liassering en stoor van argivalia asook die stoor van gedenkwaardige artikels.

Die Finansiële Raad

Hierdie raad is verantwoordelik vir die bestuur van denominasionele finansies.

Die Seminariumraad
Die raad is bestuur die Teologiese Seminarium om die opleiding van predikante en leke vir bediening in die gemeentes moontlik te maak.

Die Sendingraad
Hierdie raad bedien die gemeentes ten opsigte van hul betrokkenheid by sending in die algemeen; Die raad gee steun aan bepaalde sendelinge.

Terug na bo