Kursusse deur die Semenarium aangebied
Studente kan registreer vir enige van
die onderstaande kursusse solank hulle aan die
toelatingsvereistes voldoen. Belangstellende kan ook aansoek
doen om ‘n beperkte aantal vakkursus (een of meer) te doen.
Krediet vir studies wat reeds gedoen is
- Studente kan by aansoek, enige studies wat hulle reeds voltooi
het (Teologies of andersins) vir evaluasie voorlê. Indien die
Seminarium tevrede is dat die student voldoende studies in ‘n
bepaalde vakkursus voltooi het, sal die student krediet vir
daardie vakkursus ontvang.
Die toekenning van ‘n bepaalde
kwalifikasie is onderhewig aan die vereistes vir daardie
spesifieke kwalifikasie (byvoorbeeld - L Th) asook dat die
persoon vir die laaste twee jaar van die studie tydperk by die
Seminarium geregistreer was en die kursus suksesvol voltooi het.
Studente wat by die Seminarium die
Diploma in Praktiese Teologie suksesvol voltooi het kan volle
krediet vir dié studies ontvang indien hulle ‘n Diploma in
Teologie sou wou voltooi en daarvoor registreer.