Geskiedenis

Die Baptistekerk het sy ontstaan te danke aan die vervolging van Christene in Engeland. 地 Klein groepie gelowiges vlug na Nederland en stig daar onder leiding van John Smyth die eerste Baptistekerk.

Vroeg in 1611 keer die groep terug na Engeland onder die leierskap van Thomas Helwys. Hierdie groep kan beskou word as die begin van die Baptiste. Van Engeland het die Baptisme regoor die w靡eld versprei.

Die eerste Baptistegemeente in Suid Afrika is in Oktober 1819 deur 地 groep Engelse setlaars in Graham痴 Town gestig. Uit hierdie gemeente groei die Baptiste Unie.

Baptiste onder Afrikaanssprekendes is die direkte gevolg van 地 enkele persoon se strewe om te weet wat God van hom met betrekking tot die doop verwag. JD Odendaal ontmoet Baptiste deur 地 perdeverkoper wat sy manier van doen as tipies Baptisties herken het. Hy word op 22 Desember 1867 deur pastor Gutsche gedoop en op 27 Maart 1875 is hy tot die bediening georden om as leraar van die eerste Afrikaanse Baptiste gemeente te dien.

Hierdie gemeente, te Cornelia in die Noord-Vrystaat, kan beskou word as die Moedergemeente van ander Afrikaanssprekende Baptiste in Suid Afrika. Uit hierdie gemeente het ander gemeentes tot stand gekom met 地 tipiese Afrikaanssprekende kultuur en 創 evangelies-behoudende benadering tot kerkwees. Verder is 地 eie Teologiese opleidingskool opgerig en word daar tans deur gemeentes en denominasionele rade 地 dinamiese sendingaksie geloods.